Cappuccino-kolwyntjie
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

12 sjokoladekolwyntjies
125 ml(½ k) koffielikeurstroop
1 k (250 ml) basiese botterversiersel
5 ml vanieljegeursel
15 ml goeie kitskoffiepoeier
15 ml koffielikeur (Kahlua)
1 Los die koffiepoeier in die vanieljegeursel en likeur op en roer goed deur die botterversiersel.
2 Spuit die botterversiersel met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies sodat dit soos cappuccino-skuim lyk.
3 Druk ’n dun sjokoladeskyfie in elkeen.
Sjokoladekolwyntjies
Voeg 100 g donkersjokolade, ruweg gekap, en 125 ml (½ k) kakaopoeier, gesif by.
Koffielikeurstroop
1 Meng 30 ml (2 e) Bailey’s koffielikeur met 125 ml (½ k) basiese vanieljestroop.
2 Verhit weer tot deurwarm en verf oor die sjokoladekolwyntjies.
コメント