top of page

Espressokoekies

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Apr 14, 2015
  • 1 min read

Espressokoekies.jpg

Maak 36 koekies

Dis nogal ’n stywe deeg en spuit nie maklik nie. Jy kan andersins teelepels vol van die mengsel op die bakplaat skep. Die koekie het ’n heerlike brosbrood- tekstuur, maar is nie baie soet nie en dalk eerder vir grootmense. Sit voor met sterk koffie of ’n lekker likeur.

500 ml (2 k) koekmeel

60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena)

265 ml (1 k + 1 e) sagte botter

80 ml (1⁄3 k) sagte bruinsuiker

80 ml (1⁄3 k) goeie kitskoffie

koffiebone om mee te versier

1 Voer ’n bakplaat met silikoonof bakpapier uit.

2 Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak.

3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by.

4 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.

5 Druk ’n koffieboon liggies boop elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.

6 Voorverhit die oond tot 160 °C.

7 Bak vir 25 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page