Fabelagtige koffiekoek
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

200g botter, plus ekstra vir smeer
250ml strooisuiker
3 eiers
375ml bruismeel
Knippie sout
100ml suiker
250ml sterk, swart koffie
Konjak na smaak
5ml vanieljepasta
250ml dik room
’n Handvol amandelvlokkies, lig gerooster.
Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n koekpan van 20 cm met botter. Verroom die strooisuiker en botter saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits deeglik. Vou die meel en sout hierby in. Skep in die pan en bak vir ongeveer 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en laat vir ’n paar minute rus voor jy dit uitkeer. Los die suiker in die koffie op en voeg die konjak na smaak by. As die koek afgekoel is, plaas dit op ’n stander en skink die koffiestroop versigtig daaroor sodat dit die koek deurweek. Meng die vanielje en room en klop tot sagte punte
vorm. Skep oor die koffiekoek en versier met amandels. Geniet ’n glasie konjak hierby.
Lewer 8-10 porsies.
Comments