Karamelkondensmelk-en-koffiekoekies
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

200 g sagte botter
180 ml strooisuiker
1 x 380 g blik karamelkondensmelk
5 ml sterk koffiepoeier
10 ml water
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
Verroom die botter en suiker goed saam. Voeg die karamelkondensmelk by en meng goed. Los die koffiepoeier in die water op en voeg by. Meng goed. Voeg die meel en bakpoeier by en meng tot ’n deeg. Bedek en verkoel vir 1 uur. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk vorms van jou keuse uit. Bak vir ongeveer 10-12 minute. Laat die koekies effens op die bakplate afkoel en sit dit dan op ’n draadrak om verder af te koel. Lewer ongeveer 50 koekies.
Comments