Koffie-karamelmuffins
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
200 ml (2/5 k) strooisuiker
3 ml (½ t) sout
1 eier
125 ml sterk, koue koffie
100 ml olie
60 ml (¼ k) karamelkondensmelk
Versiersuiker om oor te sif
Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n muffinpan se holtes met papierkoppies uit. Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout saam in ’n bak en maak ’n holte in die middel. Klits die eier, koffie en olie saam. Giet in die holte van die droë bestanddele en roer tot net gemeng. Vul die papierkoppies driekwart vol met die beslag. Skep 5 ml karamelkondensmelk in die middel van elkeen en druk dit effens in die beslag in. Bak vir 20-25 minute tot goudbruin en gaar. Sit op ’n draadrak om af te koel en sif versiersuiker oor.
Lewer 12 muffins.
تعليقات