Koffiekoekies
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(sowat 48 enkelkoekies of 24 twee-twee op mekaar)
500 g (890 ml) koekmeel
2,5 ml koeksoda
2 ml sout
230 g (250 ml) botter
125 ml gouestroop
100 g (125 ml) suiker
15 ml koffiegeursel
2 ml vanieljegeursel
1 eier, geklits
100 g melksjokolade
Verhit jou oond tot 190 ºC. Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam. Hou eenkant. Smelt botter en voeg die gouestroop, suiker en albei geursels by. Laat afkoel. Voeg die geklitste eier by en meng. Roer die gesifte droë bestanddele by en maak aan tot ’n gladde deeg. Rol dit in lang worse van so 1,5 cm dik. Sny die worse in stukke van sowat 6 cm. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en smeer met botter. Druk die stukke deeg plat met ’n vurk en plaas op die bakplaat. Bak vir sowat 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas die sjokolade in ’n bak wat pas oor ’n kastrol met kookwater (die bak moenie aan die water raak nie). Laat die sjokolade smelt. Plak die koekies twee-twee op mekaar vas met die gesmelte sjokolade.
Comments