Koffie-koelkaskoek
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

4 eiergele
250 ml (1 k) strooisuiker
60 ml (¼ k) sjerrie
500 g mascarpone
250 ml (1 k) baie sterk, swart koffie
5 ml (1 t) bruinsuiker
2 x 200 g pakkies Tennisbeskuitjies
Kakao, om oor te sif
Voer ‘n gesmeerde broodpan van 20 cm x 20 cm met kleefplastiek uit en smeer weer of bespuit met kleefwerende kossproei. Gebruik ’n elektriese klitser op hoë spoed om die eiergele, strooisuiker en sjerrie booor ’n kastrol met kookwater saam te klits tot liggeel, dik en verdubbel in volume (dit neem sowat 10 minute).
Verwyder van die kastrol en klits die mengsel vir nog ongeveer drie minute tot dit heelwat afgekoel het. Klits ’n bietjie van die eiergeelskuimmengsel by die mascarpone in en vou dan die res versigtig by. Roer die koffie en suiker saam en giet in ’n plat bak. Doop die Tennisbeskuitjies vinnig in die koffie en pak ’n laag Tennisbeskuitjies in die broodpan.
Skep ’n lagie van die mascarponemengsel oor en pak ’n lagie koffie-gedoopte Tennisbeskuitjies bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag van die mascarpone-mengsel. Bedek en verkoel oornag of bedek en vries tot hard. Keer uit en sny (verkoel of bevrore) in skywe.
Variasie: As jy nie mascarpone in die hande kan kry nie, klits 1 houer roomkaas en 250 ml room saam tot glad en gebruik dit in die plek daarvan.
Comments