Koffie-roomyskoek
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

4 eiergele
125ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
250g mascarpone
250g ongegeurde roomkaas
30ml koffielikeur
250ml sterk swart koffie
200g brosbroodbeskuitjies (Eat sum morkoekieswerk goed)
Sjokoladesmeer of ganache, om bo-oor te smeer (opsioneel)
Kakao, om oor te sif
Smeer ’n middelslag broodpan en voer uit met kleefplastiek. Klits die eiergele, strooisuiker en vanieljegeursel vir sowat 6 minute saam, tot liggeel en dik. Voeg die mascarpone, roomkaas en likeur by en klits liggies, tot net-net gemeng.
Gooi ’n bietjie koffie in ’n vlak houer. Verdeel die koekies in drie gelyke dele. Krummel elke lot koekies grof en klam dit goed aan met die koffie. Smeer ’n kwart van die roomkaasmengsel onderin die pan.
Skep die eerste laag koffie-koekies bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag roomkaasmengsel. Bedek met kleefplastiek en vries oornag. Keer uit op ’n mooi dienbord en smeer sjokoladesmeer bo-oor (opsioneel) en sif kakao oor. Sit dadelik voor.
Comments