Koffie-semifreddo
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(2 liter)
3 eiers
2 eiergele
5 ml vanieljegeursel
220 g (260 ml) strooisuiker
100 ml espresso (of baie sterk swart koffie), afgekoel
500 ml room
sjokolade-koffiebone
Plaas eiers, eiergele, geursel en strooisuiker in ‘n bak wat oor kastrol met kookwater pas. Klits mengsel in bak oor kookwater (verkieslik met elektriese handklitser) tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effens afkoel. Voeg afgekoelde koffie by en meng goed. Klop room styf en vou in eiermengsel in. Skep in bekers en maak goed toe met kleefplastiek. Plaas in vrieskas en vries vir minstens 6 uur of oornag. Sit voor versier met sjokoladekoffiebone.
Comments