top of page

Koffie-se-Storie

  • Niël Stemmet
  • Apr 14, 2015
  • 3 min read

10451907_801126499977831_1154698211189390722_n.jpg

Koffie, moerkoffie, boeretroos – onthou jy die soorte : Koffiehuis, Van Riebeeck en Trekkerkoffie wat uit ‘n mengsel van sigorei en koffie bestaan het.

Ek onthou die koffieketel neffens die aga stoof met die tabak of flenniesakkie wat hang aan ‘n draadsirkel met ‘n draadhandvatsel. Binne in die sakkie het ouma groot vol lepels gemaalde koffie gegooi. Die kombuis het altyd na moerkoffie en anysbeskuit geruik.

Die naweek praat ons om die tafel en ek vertel van die melkkoffie resep wat ek raakgeloop het. Vertel Renata Coetzee dat hulle in die ou tyd gereeld koffie afgekook het om ‘n koffie ekstrak te maak. Wanner die koffielus jou dan pak en daar nie moerkoffie in die kan was nie, het jy die ektrak onder in jou koppie gegooi en dan vol gemaak met kookmelk.

wys jou nou net .

Ek het die resep ook raakgelees in Mej Duckitt se boek waarin sy vertel dat hulle die koffie- ekstrak saam geneem het wanneer hulle gaan kuier het in Stellenbosch se wereld. Met elke uitspan is daar vinnig vuur gemaak en dan is die warm melk oor die koffie-ekstrak gegooi, sonder om vars koffie te maak wat tydrowend was.

Dit is vir my baie interessant want die eeu van vinnig-kos-maak het dus al in 1900 begin. daar was seker baie ander sulke stories wat mens sal raakloop met die skrywe van die boek.

My ma vertel dat haar pa – Oupa Manie elke more die koffiepitte gerooster het terwyl hy nader-steeds-nader gesing het. Oupa Manie het die pitte in ‘n groot ysterkastrol gegooi en vir ongeveer 20 minute gerooster op die houtstoof, net voor Oupa die geroosterde koffiepitte van die stoof getrek het , het hy suiker en ‘n bietjie sout saam met die pitte in die pot gegooi. Die koffiepitte is dan in die koffie-hand-meultjie gemaal en dan na die koffiekan toe waar oupa dan koffie gemaak het vir die hele gesin van Ouma Miemie met hulle sewe kinners; vier broers : klein Manie, Theunis, Willie en Kobus en drie dogters : Christel [ Pikkie ] , Marie en Elise.

Oupa Manie het daarna voor die stoof gaan sit, een been oor die ander en die koffie in sy piering gegooi, na sy mond gelig met die punte van sy vingers, saggies geblaas en bietjie-beitjie gesluk.

Die koffie is dan vir elk kamer toe gedra met Ouma Miemie se mosbeskuit en was bekint as smorenskoffie.

Oupa Manie het 1 eetlepel koffie vir elke koppie vars stroomwater gebruik. Jou water moet net begin kook , dan haal jy dit dadelik van die stoof en gooi oor die gemaalde koffie. Jy moet die koffie dan dadelik skink of die ou mense het die tuit van die koffiekan toegemaak, die dat die geur in die koffie bly le het.

Ouma Nellie, aan my pa se kant, het die koffie in ‘n koffiefles [ flask ] geskink, die dat Oupa Koot dan heeldag met sy koffie by hom gery het.

Koffie is met plaasroom bedien en soms geskink met 1/2 kookmelk en 1/2 koffie en na ete is koffie gewoontlik swart bedien in die voorhuis saam met suiker en kleinkoekies.

Die ander depressie koffie waarvan ek weet is mieliekoffie en witgatwortelkoffie. Kyk die witgatwortelboom is een van die mooiste bome wat daar op aarde is, as jy voor hom staan is jy altyd stil, want daar is soveel jare in elkeen se stamme opgesluit. Die mooie witstam en die windverwaaide stywe kroon met die rigting van die wind in hom gewaai

Ewenwel ou doktor Eksteen van Upington vertel dat die ou mense is die swaar tye die wortels gegrawe het. Daar is dan eers aan die wortel geproe om te sien of hy bruikbaar was. Ek neem aan die wortel is gerooster en gemaal en dan soos met moerkoffie getrek.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page