Koffie-sjokoladepoeding
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(6 porsies)
150 g bruismeel
25 g kakao
200 g strooisuiker
100 g donkersjokolade, grofgekap
180 ml melk
5 ml vanieljegeursel
40 g botter, gesmelt
1 eier
mascarpone-kaas of styfgeklopte room, om voor te sit
Sous
180 g sagte bruinsuiker
120 g kakao
500 ml sterk swart koffie
Verhit jou oond tot 180 °C. Sif die bruismeel en kakao saam in ’n mengbak. Voeg die strooisuiker by en meng goed. Voeg die sjokolade by die meelmengsel. Klits die melk, vanieljegeursel, botter en eier saam in ’n ander bak en voeg by die meelmengsel. Meng al die bestanddele goed saam met ’n ballonklitser. Maak seker daar is geen klonte nie. Gooi die mengsel in ’n 18 – 23 cm-oondbak. Klits die sous-bestanddele goed saam en gooi oor die eerste mengsel. Bak vir so 1 uur. Die poeding is nog lekker klam in die middel. Sit voor saam met mascarpone-kaas of styfgeklopte room.
Comments