Koffiewafels
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(sowat 10 wafels)
180 g meel
15 ml bakpoeier
10 ml suiker
2 ml sout
125 ml sterk swart koffie, teen kamertemperatuur
125 ml melk
2 eiers, geskei
50 ml gesmelte botter, om die wafelpan mee te smeer
Sif die droë bestanddele saam. Klits die koffie, melk en eiergele goed saam. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en klits goed. Dit moet geen klonte hê nie. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die beslag in. Smeer die wafelpan en gooi van die mengsel in. Bak die wafels tot gaar en hou warm tot almal klaar gebak is. Sit voor saam met koffieroomys of styfgeklopte room en stroop.
Commentaires