MAAK JOU EIE YSKOFFIE
- The Rainbow Team
- Apr 13, 2015
- 1 min read

Bestanddele
500 ml (2 k) sterk filterkoffie, afgekoel
80 ml (? k) kondensmelk
genoeg ys
750 ml (3 k) koue afgeroomde melk
Dié resep is genoeg vir 8 drankies
1 Vul agt glase halfvol met ys.
2 Roer kondensmelk by koffie en plaas vir een uur in vrieskas sodat dit vinnig koud kan word.
3 Verdeel koue koffie tussen glase.
4 Verdeel koue melk tussen glase.
5 Sit dadelik voor.
Wenk Jy kan ook die kondensmelk met suiker of Nutella-sjokoladesmeer vervang.
Commenti