Melktert met ’n koffiegeur
- The Rainbow Team
- Apr 13, 2015
- 1 min read

1 L melk
30 ml (2 e) Foreign Ground-koffie (verdun)
60 ml (¼ k) botter
4 vryloop-eiers
250 ml (1 k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
7 ml (ruim 1 t) vlapoeier
1 ml (¼ t) sout
5 ml (1 t) vanieljepeule
1 pak Tennis-beskuitjies
10 ml (2 t) kakaopoeier
3 ml (½ t) kaneel
10 ml (2 t) suiker
’n skep Kit Kat-roomys
Sit die melk en botter in ’n pan en roer tot die botter gesmelt is. Klits die eier en suiker saam tot lig en donsig. Meng die mielieblom, vanieljepeule, sout en vlapoeier met ’n bietjie melk tot glad. Voeg dit by die bottermengsel oor lae hitte en voeg die koffie by. Onthou om die koffie te verdun. Meng sowat 17-20 min. oor lae hitte. Dit gaan klonterig begin lyk; verwyder van die hitte en laat ’n paar minute afkoel. Pak die Tennis-beskuitjies in ’n middelslag-bak en giet die mengsel oor. Laat 15 min. afkoel. Laat 2 uur (of oornag) in die koelkas afkoel. Sprinkel die kakao, suiker en kaneel oor en sit voor saam met ’n skep Kit Kat-roomys.
Comentários