top of page

Sjokolade-koffietert

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Apr 14, 2015
  • 1 min read

Sjokolade-koffietert.jpg

Kors

200 g sjokoladekoekies (ek het Romany Creams gebruik), fyn gekrummel

100 ml gesmelte botter

Vulsel

625 ml volroommelk

45 ml kitskoffiepoeier van goeie gehalte

1 x 397 g blik kondensmelk

80 ml mielieblom

60 ml melk

4 eiergele

50 g botter, in blokkies gesny

10 ml vanieljegeursel

Bolaag

250 ml room

100 g donker sjokolade, gekap

Vir die kors: Meng die koekiekrummels en gesmelte botter goed saam. Druk die krummelmengsel op die boom en teen die kante van ’n middelslag gesmeerde tertbord en verkoel tot nodig.

Vir die vulsel: Verhit die melk, koffiepoeier en kondensmelk saam tot net onder kookpunt. In ’n ander bak, meng die mielieblom en 60 ml melk tot glad en klits die eiergele by. Voeg die helfte van die kokende melkmengsel by die eiergeelmengsel en klits goed. Giet terug in die kastrol en verhit oor lae hitte terwyl geroer word tot kookpunt. Prut, terwyl jy roer, vir ongeveer vier minute tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die botter en vanieljegeursel by. Giet die mengsel in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat vir 20 minute afkoel. Skep die vlamengsel in die tertkors en smeer gelyk. Verkoel vir twee uur.

Vir die bolaag: Verhit 125 ml van die room saam met die sjokolade oor lae hitte tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits die orige 125 ml room styf en vou by die sjokoladesous in. Skep op die gestolde tert en rond af met sjokoladeskaafsels. Lewer 12 porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page