Skaapvleis-koffie-en-dadeltagine
- The Rainbow Team
- Apr 14, 2015
- 1 min read

(6 – 8 porsies)
koekmeel gegeur met sout en peper
2 kg skaapskenkel of – stowevleis, opgesny
olie
4 medium uie, grofgekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
3 kardemompeule
1 ster-anys-peul
1 heel kaneelstokkie
500 ml voorbereide koffie, nie te sterk nie
500 ml beesvleis-aftreksel
200 g heel, vars dadels, ontpit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Sprinkel die gegeurde meel oor die vleis. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die vleis tot bruin aan albei kante. Plaas die stukkies vleis in ‘n oondvaste bak (verkieslik met ‘n deksel) of ‘n groot tagine. Voeg die uie, knoffel, kardemom, steranys en kaneel by die vleis. Giet die koffie en aftreksel oor die vleis, sit die deksel op en bak 30 minute lank in die oond, verlaag die hitte na 150 °C en bak nog 90 minute lank. Voeg die dadels sowat 20 minute voor die einde van die kookproses by. Sit die tagine met rys of koeskoes voor.
Comments