5 Minute Mikro Koppie koek
- Wilma Josey Venter
- Apr 15, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense
Smeer 3 groot koffiebekers met margarien en hou eenkant. Meng:
5 opgehoopte eetlepels koekmeelblom,
3 teelepels bakpoeier,
3 eetlepels suiker,
3eetlepels kakao en 'n knippie sout tot goed gemeng.
Klits 2klein eiers,
100ml kookolie en
250ml melk saam tot goed gemeng.
Meng met die droeë bestanddele.
Skep klein bietjie mengsel in elke beker, breek gewone sjokolade in stukkies oor die mengsel.
Skep nog mengsel oor tot die bekers halfvol is.
Mikrogolf op hoog vir 5min.
Ek sit aldrie bekers gelyk in.
Bedien met vla/roomys.
VREK LEKKER.
Comments