DIE LEKKERTSE SPINASIE
- Nicky Kruger
- Apr 16, 2015
- 1 min read

2x bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2x uie fyn gekap 1x knoffelhuisie fyn
1x pakkie bacon fyn gekap 1x blik tamatie en ui
1x pakkie sampioen sous 2 x eiers
1x pakkie sampioen sop feta kaas
chedder kaas
Braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan. Voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom.
Voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta.
Skep lepelsvol van die spinasie in ‘n muffin pan en plaas op elke hoppie ‘n
blokkie feta en ‘n blokkie chedder kaas.
Sit in ‘n vooraf verhitte oond 180C tot die kaas begin smelt en verkleur.
Kan warm of koud bedien word.
Comments