Gevulde pannekoek - Ham en sampioenvulsel
- Naomi le Roux
- Apr 16, 2015
- 1 min read

30 ml botter of margarien
62 g pakkie wituiesop
Melk
250 ml hamblokkies
1 ui fyngekap
250 g knopiesampioene in skyfies gesny
Sonneblomolie
Sout
Metode:
Smelt botter, voeg die uiesoppoeier by en roer melk in totdat 'n witsous vorm wat glad en styf is (dan is dit gaar). Braai die ui en sampioene in 'n bietjie olie en voeg ham by. Voeg die ham, ui en sampioene by die witsous. Geur met sout.
Comments