HEMELSE LAMSNEKBREDIE
- Nicky Kruger
- Apr 16, 2015
- 1 min read

15 ml olie 15 ml botter
12 lamsnekskywe 3 groot uie, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, gekap 15 ml bruinsuiker
6 groot, ryp tamaties, geskil en gekap 5 ml gedroogde basiliekruid
sout & varsgemaalde swartpeper na smaak 5 ml gedroogde tiemie
375 ml vleisaftreksel 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Verhit die olie en die botter, verbruin die vleis daarin, skep dit uit en hou dit eenkant.
Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot deurskynend.
Skep die vleis op die uie en plaas die tamaties op die vleis.
Geur met sout en peper en voeg die kruie en bruinsuiker by, asook die vleisaftreksel.
Plaas die deksel op en stowe dit totdat dit sag is – ongeveer 1 uur 30 minute. Rangskik die aartappels bo-op en laat dit prut vir ongeveer 20 minute totdat die aartappels sag is.
Comments