Biltongbroodjie Happie Bord
- Wilma Josey Venter
- Apr 18, 2015
- 1 min read

Hierdie een is NET vir die manne.
Veral wanneer die Stormers/W.P. speel....
Meng 125gr sagte margarien met 75ml Marmite.
Gooi so 'n knippie rooipeper by vir "byt". (dit moet heeltemal gemeng wees).
Sny die korsies van 8/9 snytjies brood af.
Smeer weerskante lekker dik met die Marmite-mengsel.
Druk snytjies brood in FYN biltong sodat albei kante HEELTEMAL bedek is.
Sny in driehoekies.
Pak op 'n bord met 'n lekker verskeidenheid kase, agurkies, klein tamaties en stukkies droeëwors..
Vergeet van slaaiblare, die manne gaan dit nie eet nie.
Moenie EERS VERWAG om ook te kry hiervan nie.
Dis 'n manne-ding.
Comments