Gerda se Bybelkoek
- "In en om die huis"
- Apr 18, 2015
- 1 min read

Bestanddele
750 ml koekmeel
45 ml mielieblom
375 ml melk
90 ml olie
7 eiers
560 ml suiker
15 ml bakpoeier
Versiersel
8 x 250 ml versiersuiker
4 eiers
500 g wit Woodenspoon-margarien
Instruksies
Dié warmmelk-sponskoek word in twee panne gebak en dan gesny in die vorm van ’n oop boek.
Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer twee vierkantige panne (18 cm x 18 cm).
Klits die eiers en suiker saam vir 20 minute.
Sif die koekmeel en mielieblom en voeg by die eiermengsel.
Kook die melk en olie saam.
Strooi die bakpoeier oor die deeg en giet die kokende melkmengsel daaroor.
Laat skuim vir 2 minute.
Vou die melk- en bakpoeier-skuim liggies in.
Verdeel in twee panne.
Bak vir 20-30 minute.
Versiersel
Room die margarien en eiers.
Voeg die helfte van die versiersuiker by en meng goed.
Voeg die res van die versiersuiker by en meng weer goed.
Klop die versiersuiker vir 20 minute.
Sit aanmekaar
Plaas die twee afgekoelde koeke langs mekaar.
Sny die bokant.
Versier met botterversiersel en gebruik ’n vurk om gleufies aan die sykante te maak sodat dit soos bladsye lyk.
コメント