Jan Ellis-poeding
- Naomi le Roux
- Apr 18, 2015
- 1 min read

Iets interessant oor Jan Ellis. Hy was die beroemde Rugbyspeler van destydse Suidwes Afrika. Dit was in die jare 1965 toe ek en my wederhelfte getroud is. Daarna het hy en sy vrou na RSA geimmigreer en het hy vir SA rugby gespeel.
■ 30 ml sagte botter
■ 125 ml suiker
■ 2 eiers
■ 30 ml appelkooskonfyt...
■ 125 ml melk
■ 5 ml koeksoda
■ 375 ml bruismeel
■ Knippie sout
*****************
Stroop
■ 250 ml kookwater
■ 250 ml room
■ 230 g botter
■ 250 ml suiker
■ 5 ml vanieljegeursel
*****************
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Verroom die botter en suiker goed en voeg die eier by. Roer die appelkooskonfyt by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by, saam met die vanieljegeursel. Voeg laastens die bruismeel en sout by en meng tot ’n gladde beslag. Skep in die oondbak, smeer gelyk en bak vir ongeveer 30 minute tot goudbruin en deurgaar.
Verhit die kookwater, room, botter en suiker stadig tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by. Haal die poeding uit die oond, prik vol gaatjies en giet die warm stroop daaroor. Laat staan om in te trek en sit voor met vla. Lewer 8 porsies.
Komentáre