Kieper-Genot
- Corne Liebenberg
- Apr 18, 2015
- 1 min read

3 hoenderborsies in repies gesny
1/2 pers kool, gesnipper
2 wortels, repies en halwe sirkels gesny
1 groot ui, fyngekap
3 huisies knoffel, fyngekap
1/2 groen peper in repies gesny
3 murgpampoentjies in blokkies gesny
125ml hoenderaftreksel
50ml soya sous
1 teelepel gemmer
1/2 teelepel knoffelpoeier
30 ml klapper olie (of olie van jou keuse)
sout en vars gemaalde swart peper na smaak
Voeg al die bestanddele behalwe die klapper olie in 'n wok
Roer gedurig tot die hoenderrepies gaar is en die vog begin wegkook.
Voeg die klapperolie by en roerbraai tot mooi bruin
Bedien met tamatiewiggies op rys met soet-sour chili sous
Comentários