SPRINGBOKFILLET
- Nicky Kruger
- Apr 18, 2015
- 1 min read

1 Springbokrugstring, in die vel gehang voor dit uitgesny is.
Marinade:
1 Groot ui, in skywe gesny en in ringe getrek 2 Lourierblare
4 Takkies pietersielie, fyn gekap 5ml Vars gekapte tiemie
50 ml Olie 15ml Worcestersous
15 ml Korrelmosterd 50ml Asyn
Vars gemaalde swartpeper 8 swart peperkorrels
Kook die marinade 30 minute, laat dit koud word en marineer rugstring vir enigiets
van vier uur tot twee, drie dae. Verwyder vleis, droog goed af, geur met sout en peper.
Braai sowat tien minute aan elke kant oor warm kole tot die vleis ‘n ligroos kleur kry.
Comments