BROKKOLIE SLAAI
- Kreatiewe Kos Idees
- Apr 19, 2015
- 1 min read

2 brokkolie koppe (of 1 brokkolie kop en 1 blomkool kop)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny
Sous:
250 ml mayonnaise (of 125ml ongegeurde jogurt en 125ml mayonnaise)
100 ml kondensmelk
Breek die brokkolie in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die brokkolie + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute.(Jy blansjeer basies die brokkolie en blomkool - kook net op)
Dreineer in 'n vergietter sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros. Laat alles goed afkoel. Meng die brokkolie met die spek, en meng dan die kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer die sous deur die slaai. Verkoel voor opdiening.
WENK: Gooi neute ook by die slaai indien jy dit so verkies. Net voor die slaai opgedien word kan jy ook 'n pakkie 'croutons' oor strooi.
Commenti