SUURLEMOEN YSKASTERT
- Nicky Kruger
- Apr 19, 2015
- 1 min read

Kors:
200g Tennisbeskuitjies
90g botter
Breek jou koekies fyn en voeg botter by en pak in bak om kors te maak.
Ps: Smeer net jou bak dat dit nie vaskleef.
Vulsel:
1 pakkie suurlemoen jellie
halwe koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk
1 eetlepel strooisuiker
Meng jellie en kookwater en plaas eenkant sodat dit bietjie kan afkoel.
In 'n aparte bak klits jou strooisuiker en ingedampte melk saam met 'n elektriese klitser.
Sodra dit lekker lig is , voeg jou jellie mengsel by, bietjies op 'n slag terwyl jy nog klits
met jou elektriese menger. Skep mengsel bo-op jou kors en plaas in yskas vir 3-4 ure.
Comments