BLITSIGE KERRIEKOS
- The Rainbow Team
- Apr 20, 2015
- 1 min read

6 Snye brood
Bietjie olie
1 Groot ui, gekap
250 g (1 pakkie) spek
1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny
300 g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak
5 ml (1 t) borrie
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) blatjang
4 eiers, geskei
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) cheddar, gerasper
Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder. Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by. Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk. Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is.
Comentarios