OUTYDSE BLANC-MANGE
- Naomi le Roux
- Apr 20, 2015
- 1 min read

50 g mielieblom (Maizena)
50 g suiker
knippie sout
750 ml melk
1 eier
5 ml vanieljegeursel
Metode:
Meng die mielieblom, suiker en sout en maak dit aan met 'n bietjie melk.
Voeg die eier en geursel by en klits tot mengsel gemeng is.
Verhit die res van die melk tot kookpunt en roer die mielieblom mengsel vinnig by.
Roerkook tot 'n dik pap. Spoel 'n vorm uit met koue water en giet die pap daarin om te stol .
Laat koud word in yskas. (geen klonte nie)
Glasering:
7ml mielieblom,
30 ml water,
60 ml appelkooskonfyt,
5 ml botter
Metode:
Maak die mielieblom met water aan voeg die appelkooskonfyt en botter by en roerkook tot die mengsel dik is.
Laat afkoel!! Ontvorm jou poeding en skep jou sousie bo-oor !!!vreeslik lekker..
Ns: Jy kan enige lekker vrugtestroop bo-oor gooi..
Comentarios