PERSKE HOENDER
- Rens
- Apr 20, 2015
- 1 min read

½ bottle bbq sous bv Steers se bbq sous
¼ koppie fyn of gesnipperde perskekonfyt (ek dink appelkooskonfyt sal ook werk)
1 knoffelhuise (fyn gekap) of so teelepel droe vlokkies
8 tot 10 stukkies hoender dye
Oond 180 C
Meng die bbq sous, perskekonfyt en knoffel
Pak jou hoender in jou oondpan
Gooi/smeer die sous oor die hoender
Bak onbedek vir 30 na 40 min tot hoender gaar is en die sous lekker taai is
Moet geen water by die hoender voeg nie, die hoender het genoeg vog in
Comments