Vetkoek Poffertjies
- Boerekos Kookengeniet
- Apr 20, 2015
- 1 min read

Lus vir 'n Vinnige maar lekker vetkoek poffertjies vir middagete?
*sit voor saam botter, kaas, stroop , jou gunsteling konfyt en marmite ~ of 'n lekker beker sop....heerlik !!
2 koppies koekmeel
4 tlepels bakpoeier
1 groot eier
½ teelepel sout
3 teelepels botter
1 koppie melk
ongeveer 2 koppies olie om mee te bak
1. Sif die droë bestanddele saam.
2. Vryf die botter daarin en maak die deeg met eier en melk aan.
3. Verhit olie. Skep ‘n stukkie deeg in, as dit stadig mooi bruin bak is die olie gereed.
Onthou om die olie bietjie laer te draai want die vetkoek bak 5- 10 minute om gaar te word.
Gebruik 2 eetlepels om die deeg in die olie te skep. Voor elke skep doop jy die lepels in die olie.
Dreineer en geniet met gouestroop, appelkooskonfyt, kaas of marmite.
Kommentare