Appelkoos-teekoekies
- Hilda Lategan
- Apr 21, 2015
- 1 min read

Resep lewer: 24 koekies
porsiegrootte: 1 koekie
65 ml (60 g) sagte margarien
75 ml (60 g) strooisuiker
100 g appelkooskonfyt van goeie gehalte
5 ml vanieljegeursel
1 groot eier, geklits
30 ml ongegeurde vetvrye jogurt
5 ml koeksoda
250 ml (130 g) volkoringmeel
75 ml (50 g) hawersemels (oat bran)
225 ml (80 g) ProNutro Wholewheat Original
Verhit oond tot 170 °C.
Room margarien en strooisuiker tot lig en donsig.
Meng konfyt, geursel, eier, jogurt en koeksoda. Meng die volkoringmeel, hawersemels en ProNutro. Roer konfytmengsel en droë bestanddele om die beurt by die geroomde mengsel om ’n klewerige deeg te vorm. Verkoel die deeg vir 10 minute, dan hanteer dit makliker. Rol okkerneutgroot deegballetjies, plaas op gesmeerde bakplate en druk met ’n vurk plat tot 1 cm dik.
Bak vir 15 – 20 minute tot goudkleurig en gaar. Laat koekies op bakplate afkoel.
Comments