BOEREWORS-CHEEZO’S
- Nicky Kruger
- Apr 21, 2015
- 1 min read

Kaassous
125 g spekvleis, gekap
1 ui, gekap
230 g knopiesampioene, in dun skyfies gesny
500 ml gerasperde cheddarkaas
250 ml mayonnaise van ’n goeie gehalte
Worsrol
600 g dun boerewors
3 broodrolletjies, heeltemal oopgesny
Voorverhit die roosterelement van die oond.
Kaassous
Braai die spek, ui en sampioene in ’n pan tot gaar. Verwyder van die hitte en
meng die kaas en mayonnaise by.
Worsrol
Draai die boerewors in 6 spirale en steek elke spiraal met ’n sosatiestok vas.
Plaas op ’n bakplaat en rooster tot gaar. Pak die broodjies met die sagte kant na
bo op die bakplaat, plaas ’n rolletjie wors op elkeen en skep van die kaassous
oor. Plaas onder die roosterelement tot die kaas net gesmelt is.
Comments