Framboos-ystee
- Barbara Joubert
- Apr 21, 2015
- 1 min read

Ystee is ʼn heerlik vervrissende drankie op ʼn snikhete dag. Kook ʼn stroop van vars frambose en gebruik dit om die tee te versoet. Jy sal nie al die tee en stroop op een slag gebruik nie. Hou dit in die yskas tot benodig
1½ Liter
Framboos-stroop
175 g frambose
220 g (500 ml) strooisuiker
250 ml watertee
6 teesakkies (jy kan engelse tee of rooibostee gebruik)
1½ liter kookwater
Vrugte
baie ys
350 g vars frambose
40 g vars kruisement
1 rooi appel, gehalveer en in skyfies gesny
1 lemmetjie, in skyfies gesny
Verpulp frambose. Plaas saam met suiker en water in kastrol en bring tot kookpunt. Moenie roer nie. Laat prut tot die helfte weggekook het. Plaas teesakkies in ’n bak en gooi kookwater oor. Laat staan 1 uur. Moenie die teesakkies druk nie. Haal sakkies uit en laat tee heeltemal koud word. Kap van die ys fyn met ’n koekroller. Plaas sowat 500 ml onderin ’n groot glasbak. Gooi sowat 250 ml tee oor. Skep sowat 30 ml framboosstroop oor en sprinkel van die vars frambose oor. Plaas ’n groot hand vol vars kruisement bo-op. Plaas baie ys boop saam met vars frambose, kruisement, appel en lemmetjiesskywe. Laat staan 5 minute en meng deur.
Comments