top of page

Glamdogs

  • Herman Lensing
  • Apr 21, 2015
  • 1 min read

Glamdogs.jpg

6 porsies

500 g (890 ml) koekmeel

50 g (60 ml) strooisuiker

1 x 10 g-sakkies kitsgis

10 g sout

6 eiers

250 g ongesoute botter, in klein blokkies gesny

1 eier, liggies geklits

60 ml olyfolie

12 Toulouse-worse (Franse speseryvarkwors) of ander varkwors

250 ml goeie mayonnaise

2 knoffelhuisies, fyngekap

sap en skil van 1 suurlemoen

sout en varsgemaalde swartpeper

1 x 500 g-bottel uiemarmelade

Gooi koekmeel, suiker, gis, sout en eiers in bak van elektriese menger.Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng sowat 8 minute teen matige spoed tot ’n stywe deeg vorm.Voeg botter bietjiesbietjies by tot alles gemeng is. Die beslag sal ’n gladde voorkoms hê.Gooi in bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rus oornag in yskas.

Verhit oond tot 180 °C. Keer mengsel uit op meelbestrooide oppervlak en verdeel in 80 g-balletjies (dis belangrik om dit te weeg sodat elke porsie ewe groot is). Rol in lang worse van so 15 cm en plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 60 minute. Verf met geklitste eier en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar.Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan. Braai wors so 5 – 6 minute per kant tot goudbruin en gaar.Meng mayonnaise, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Geur goed. Verhit rolletjies tot louwarm in warm oond en sny oop in lengte. Plaas gaar wors in elke rolletjie gevolg deur ’n lepel vol uiemarmelade. Sit voor met uieringe en knoffel-mayonnaise.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page