Kaas Spek Broodjie
- Grietjie Tuisgemaak
- Apr 21, 2015
- 1 min read

500 g bruismeel
500 ml karringmelk
5 ml sout
5 ml paprika
5 ml fyngesnipperde ontbytspek (sonder randjie)
250 ml gerasperde Cheddarkaas
Meng die bruismeel, karringmelk en sout saam.
Voeg die kaas en spek by
Meng deeglik.
Gooi die mengsel in gesmeerde broodpan
Bak die broodjie in verhitte oond van 180 C vir ongeveer 60 min
Comments