Rooibos-gerookte-hoender
- The Rainbow Team
- Apr 21, 2015
- 1 min read

4 porsies
Bestanddele:
1 heel hoender (1.5 – 1.8 kg)
1 k koue water
1 k sagte bruinsuiker
2 eetlepels swartpeperkorrels
8 lourierblare
5 g vars roosmaryn
2 knoffelhuisies, grofgekap
5 korrels wonderpeper
10 sakkies rooibostee
500 g eikehout-saagsels
Metode:
Maak die hoender goed skoon en sny alle oortollige vel af.
Maak nou die hoender goed droog met kombuispapier.
Meng die res van die bestanddele (buiten die saagsels en teesakkies) en geur die hoender binne en buite daarmee.
Sprinkel die teesakkies en saagsels in ’n Weber.
Plaas die hoender op die rooster. Sodra die geure en aromas begin ontwikkel, maak jy die Weber toe sodat die rook nie ontsnap nie
Die grootte van die hoender sal bepaal hoe lank dit moet rooster, maar dis gemiddeld so 1-1.5 uur.
Comments