Rooibos-teekoek
- Annerien Vermeulen
- Apr 21, 2015
- 1 min read

125 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
125 ml sultanas
50 g laevet-margarien
180 ml suikerplaasvervanger
3 eiers
140 g (250 ml) koekmeel
140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ml kaneel
50 ml karringmelk
75 ml appelsous
skil van 1 suurlemoen
Sous
300 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
45 ml suurlemoensap
125 ml suikerplaasvervanger
Bolaag
250 ml laevet-maaskaas
suikerplaasvervanger na smaak
5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ’n ringkoekpan van 24 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Gooi die warm tee oor die sultanas en laat staan tot benodig. Room margarien en suikerplaasvervanger tot liggeel. Klits eiers een vir een by. Sif koekmeel, volkoringmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer die meel- en tee-mengsel beurtelings by die margarienmengsel tot ’n sagte beslag vorm. Roer die karringmelk, appelsous en suurlemoenskil by. Skep beslag in voorbereide pan. Bak vir 40 minute tot gaar. Gooi die warm stroop bo-oor die koek.
Stroop Kook tee saam met die suurlemoensap en suikerplaasvervanger. Kook ongeveer 3 minute. Bo-laag Meng al die bestanddele en skep oor die afgekoelde koek.
KOMMENTAAR Die koek moet verkieslik in 20 stukkies gesny word. Die GI van die rooibostee-koek is nie heeltemal so laag nie.
Comentários