Rooibos-ystee
- Herman Lensing
- Apr 21, 2015
- 1 min read

(1,5 liter)
200 g (250 ml) suiker
1 liter water
20 ml fyn gemmer
2 heel ster-anys-peule
2 suurlemoene se sap en skil
45 ml heuning
5 rooibostee-sakkies
ysblokkies
hand vol bessies van jou keuse
Plaas al die bestanddele, behalwe die teesakkies, ys en bessies, in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat kook vir 10 minute totdat suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek totdat vloeistof afgekoel is. Gooi deur ‘n sif en plaas in yskas tot yskoud. Sit tee voor in groot bekers vol ys en bessies van jou keuse.
Comments