BOONTJIESOP
- Nicky Kruger
- Apr 23, 2015
- 1 min read

Outydse Boontjie sop soos jou Ouma dit gemaak het
100 g spekvleis, in kleiner stukke gesny
1 pak (500 g) droëbone, geweek3 liter (12 k) water
500 g beesskenkelvleis, in stukke gesaag
1 ui, grof gekap
1 beesvleisaftrekselblokkie
2 ml neutmuskaat
125 ml fyn gekapte vars pietersielie of 2teelepes gedroog
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die spekvleis in 'n groot kastrol tot gaar. Dreineer die bone en voeg saam met die koue water en skenkelvleis by die spek. Bedek en laat prut tot die bone sag is. Voeg dan die ui, aftrekselblokkie, neutmuskaat en pietersielie by en laat nog ongeveer 'n uur prut. Geur met sout en peper.
Kommentare