top of page

HOENDER EN SPAGHETTI PASTEI

  • Nicky Kruger
  • Apr 23, 2015
  • 1 min read

HOENDE EN SPAGHETTI PASTE.jpg

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur 15 minute

HOENDER

1 heelhoender

7 ml (1½ t) sout

2 ml (½ t) droë gemengde kruie

2 ml (½ t) fyn naeltjies

2 ml (½ t) fyn koljander

2 ml (½ t) fyn gemmer

2 ml (½ t) swartpeper

1 liter (4 k) kookwater

1-2 hoenderaftrekselblokkies

PASTEI

250 g spaghetti

250 g rugspekvleis, gekap

2 uie, gekap

250 g sampioene, in skyfies gesny

60 ml (¼ k) gekapte sopseldery

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

200 g mozzarellakaas, gerasper

6 eiers

750 ml (3 k) melk

sout en peper

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ’n oondvaste bak.

HOENDER Plaas die hoender, sout, kruie en speserye, kookwater en aftrekselblokkie in ’n groot kastrol en kook sowat 1½ uur tot sag en gaar.

Verwyder die hoender uit die aftreksel. Haal die bene uit en pluis die vleis.

PASTEI Kook die spaghetti in die aftreksel en nog water indien nodig tot sag en dreineer. Behou 250 ml (1 k) van die aftreksel.

Braai die spekvleis, uie, sampioene en seldery tot sag en gaar.

Voeg die hoender, spaghetti, aftreksel en pietersielie by. Skep die helfte van die hoendermengsel in die voorbereide bak. Sprinkel die helfte van die kaas oor, skep die res van die hoendermengsel oor en sprinkel die orige kaas oor.

Klits die eiers en melk saam en giet oor die pastei. Bak 45 minute tot die eier gestol het en die pastei gaar is.

Sit warm voor saam met slaai

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page