DEEG VIR VIS
- Kreatiewe Kos Idees
- Apr 25, 2015
- 1 min read

2 Kop koekmeel
4 tl paprika
2 tl bakpoeier
2 tl sout
2 tl swartpeper
2 tl Kerriepoeier
½ kop melk
½ kop water of ½ bier (bv castle, black label, hansa ens)
Meng al bogenoemde –Voeg die water of bier heel laaste by sodat jy die dikte van jou deeg kan bepaal. Die beslag moet nie te loperig wees nie.
Druk jou vis in die beslag en bak in warm olie (ongeveer 1cm diep) tot goudbruin aan beide kante
Dreineer olie af
Bedien met suurlemoenwiggies en aartappelskyfies
Kreatiewe Kos Idees
Comments