top of page

Kaserige rysballe

  • Hope Malau
  • Apr 25, 2015
  • 1 min read

Kaserige rysballe.jpg

Lewer 15 balle

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

60 g botter

2 uie, fyn gekap

250 ml (1 k) Arborio-rys

1 L (4 k) hoenderaftreksel, warm gemaak

60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper

2 takkies roosmaryn, gekap

sout en peper

200 g mozzarella, in klein blokkies gesny

125 ml (½ k) meel

2 eiers

500 ml (2 k) broodkrummels

olie vir braai

Smelt 30 g botter in ’n pot oor matige hitte. Voeg die uie by en braai tot sag. Roer heeltyd. Voeg die rys by en braai tot gerooster. Roer heeltyd.

Voeg die aftreksel ’n koppie op slag by. Roer 20 min. deurgaans en laat kook tot die rys sag is. Verwyder van die hitte en roer die oorblywende botter en parmesaan in. Voeg die roosmaryn by en geur na smaak met die sout en peper. Skep die rysmengsel in ’n bak en laat heeltemal afkoel.

Roer die blokkies mozzarella in en vorm die risotto in gholfbal-grootte balle. Plaas die meel, eiers en broodkrummels in drie vlak bakke. Klits die eiers liggies. Bestuif elke bal met die meel, doop dan in die eiermengsel en bedek met broodkrummels. Pak op ’n bakplaat.

Verhit die olie in ’n pot oor matig-hoë hitte. Braai die balle in sarsies sowat 3 min. of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Hope Malau

 
 
 

Komentarze


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page