RYS SLAAI WAT REGTIG YUMMIE IS
- Nicky Kruger
- Apr 25, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Koppie rou rys
7.5ml Kerrie poeier
2.5ml Mosterd poeier
5ml Basielie kruid
200ml Mayonaise
10ml Wit Asyn
5ml Worscester sous
20ml Goue stroop
Sout en Peper na smaak
1 Medium grote ui
1Groen rissie
1Rooi rissie
1Geel rissie
100g Gouda (opsioneel)
Metode:
Kook die rys in genoegsame water tot goed gaar. Spoel deeglik af en dreineer. Meng al die droë betanddele met die mayonaise, asyn worscester sous en goue stroop. Laat staan vir 15 minute. Sny die groen, geel en rooi rissies, asook die kaas op in +/- 1cm groot blokkies. Mens die rys, ui en rissies goed en gooi die Mayonaise mengsel by. Meng deeglik deur. Gooi kaas by en meng liggies. Plaas in die yskas vir 1 uur en dien dan op
Comments