Alles-in-een-ontbyt
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.
WORSMENGSEL
6 eiers, hardgekook en afgedop
sout en pas gemaalde peper
4 Russiese worsies, in skyfies gesny
SOUS
500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous
1 blik (410 g) geroomde pitmielies
10 ml (2 t) mosterdpoeier
paar druppels
tabascosous
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.
Worsmengsel Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak. Geur met die sout en peper en versprei die
worsies bo-op.
Sous Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.
Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.
Bak 20 minute of tot goudbuin bo-op.
Sit voor saam met vars basilie.
Comments