Blomkool- en kaasdis in ‘n kits
- Hope Malau
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Wil jy vanaand koolhidrate vermy? Geniet blomkool en kaas pleks van macaroni.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
2 koppe blomkool, in blommetjies verdeel
30 ml (2 e) botter
250 g spekvleisstukke
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) melk
200 g bokmelkfeta, gekrummel
sout en peper
5 ml (1 t) neutmuskaat
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter.
Blansjeer die florette in kookwater, dreineer en rangskik dit dan in die bakskottel en sit eenkant.
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte, roer die spekvleis in en braai tot effens verbruin.
Voeg die meel by om ’n pasta te vorm en kook 2 min. terwyl jy roer. Voeg die melk bietjie-bietjie by terwyl jy ná elke byvoeging roer om te meng. Wanneer die mengsel begin kook, verminder die hitte en laat 10 min. prut oor baie lae hitte.
Verwyder die kastrol van die hitte, roer die kaas in en geur na smaak. Giet die kaassous oor die blomkool en bestrooi met neutmuskaat.
Bak 15 min. of tot goudkleurig en borrelend.
ความคิดเห็น