Boereworskoftas met Griekse slaai
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15-20 min.
KOFTAS
500 g boerewors
15 ml (1 e) vars mentblare, gekap
4-6 kebabstokkies
SLAAI
1 iceberg-slaaikop
125 g kersietamaties, gehalveer
½ komkommer, in blokkies gesny
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
15 ml (1 e) witwynasyn
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.
Koftas Druk die boerewors uit die derm.
Meng die mentblare deur die maalvleis.
Verdeel die maalvleis in 4-6 gelyke dele en vorm langwerpig om die stokkies.
Pak die koftas op die bakplaat en braai 15-20 min. tot gaar.
Slaai Sny die slaaikop in stukke en meng met die tamaties, komkommer en fetakaas.
Klits die asyn en olie saam en giet oor die slaai. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Sit voor saam met die koftas.
Pleks van koftas kan jy frikkadelletjies maak. Braai dit in vlak olie tot gaar en meng dan deur die slaai.
Comments