Chakalaka-worsrol
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 25 min.
CHAKALAKA
15 ml (1 e) botter of olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 elk rooi, geel en groen soetrissie, gekap
5 ml (1 t) kerriepoeier
1 blik (410 g) gebakte bone
1 blik (410 g) tamaties in sap
30 ml (2 e) sterk blatjang
30 ml (2 e) soetbrandrissiesous
WORSROL
1 Franse brood, gehalveer
500 g boerewors
gekapte pietersielie vir bo-oor sprinkel
Chakalaka Verhit die botter of olie en roerbraai die ui, knoffel en soetrissies tot sag. Voeg die kerriepoeier by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot warm en geurig.
Worsrol Rooster die brood liggies indien verkies. Braai die wors in ’n pan, in die oond of op die kole tot gaar.
Plaas die wors in die brood en skep die chakalaka oor.
Kommentare