Chinese frikkadelletjies
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

‘n Heerlike en vinnige resep: meng, mikrogolf en geniet!
Lewer 24 bolletjies
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 6 min.
FRIKKADELLE
500 g varkmaalvleis
Sout en peper
4-6 stingeluie, gekap
60 ml (¼ k) gekapte pietersielie
1 eier, geklits
25 g witbroodkrummels
SOUS
45 ml (3 e) suiker
45 ml (3 e) bruinasyn
15 ml (1 e) soetbrandrissiesous
125 ml (½ k) tamatiesous
15ml (1 e) sojasous
15ml (1 e) heuning
noedels vir voorsit
FRIKKADELLE Meng al die frikkadelbestanddele en vorm 24 frikkadelletjies. Verkoel 30 minute in die koelkas.
SOUS Meng al die sousbestanddele behalwe die noedels in ’n glasbak en mikrogolf 1 min.
Plaas 12 frikkadelle op ’n bord en mikrogolf 2½-3 min. tot net gaar. Herhaal met die res van die frikkadelle.
Voeg by die sous en meng deur. Sit voor op noedels.
留言