Chinese rolletjies met mozzarella en groente
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Lewer 16
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.
4 wortels, gerasper
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
½ komkommer, gerasper
4 tiemietakkies, gekap
1 roosmaryntakkie, gekap
swartpeper
12 velle filodeeg
gesmelte botter
olie vir diepbraai
Meng die wortel, kaas, komkommer, tiemie en roosmaryn in ’n bak. Geur met swartpeper.
Pak vier velle filodeeg op mekaar en sny die hopie in vier reghoeke. Werk met een van die reghoeke en plaas ’n lepel vol groentemengsel in die middel van ’n kort kant. Rol die deeg om die vulsel op tot halfpad, vou die kante oor die vulsel in en hou aan rol om in ’n silinder te rol. Verf die punt met botter en verseël. Herhaal met die oorblywende deeg en vulsel.
Verhit olie in ’n diep pot oor matige hitte en diepbraai die rolletjies tot goudkleurig. Skep met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier.
Comentários